Seun geboelie – klasmaats steek hom met naalde
’n Seun wat tragies gesterf het nadat hy van ’n bakkie af geval het, se storie het boelies by skole weer onder die soeklig geplaas.
Henko Booysen (13) se ma, Erika le Roux, het vertel hoe haar kind daagliks oor sy gewig gespot is. Klasmaats het hom ook met ‘n ander voorval aanhoudend met naalde gesteek.
In ’n ander voorval weier ’n sewejarige seun om te eet ‘sodat hy kan doodgaan’. Die kind wou homself onlangs met ’n mes steek en ontvang tans terapie. Hy mag nou onder geen omstandighede alleen gelaat word nie.
Lees: Seun sterf na val van bakkie
Sy ouers sê dat hy aanhou sê dat ‘sy hartjie seer is’. Hy word daagliks tussen die bene geslaan, uit die rye gestamp en vertel dat hy arm en nikswerd is nie.
’n Berader wat met sulke kinders werk het gesê dat skole “horende doof is”. Die berader self het al situasies onder skole se aandag gebring. Daar word dan bloot gesê dat die situasie intern hanteer sal word.
Boelie
Is jou kind al geboelie?
Ouers kla ook dat skole nie ag gee op hul klagtes nie. Een so ouer sê dat sy aangesê is om nie ‘vir elke bakatel skool toe te hardloop nie’.
Kyk: Video – Nul is nie niks nie, dis koerante vol
• Die Onderwysersunie het onlangs ’n persverklaring uitgereik waarin hulle waarsku dat boelies skole onregeerbaar maak en dikwels deur onderwysowerhede in hul kwaad gesterk word.
•Na die aanvanklike berigte oor boelies aan die lig gekom het is www.mobserver.co.za oorval deur ouers wie se kinders geboelie word.
Ouers kan hulle verhale anoniem vir Gerhard Rheeder vertel deur ’n e-pos te stuur aan gerhard@mobserver.co.za.
Ander nuus:
Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?
Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder
Trane soos riviere by prysuitdeling
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.