Asemrowende foto’s – Vrou is trokdrywer én professionele fotograaf
Oud-Middelburger Dorothy Levesque (60) en haar man, Normand Levesque, is trokdrywers in Kanada, wat bykans elke week op die Alaska Highway met hul agtienwiel trok op die pad is.
Dorothy het dié foto geneem by hul bure in Busby (Alberta - Kanada).
Oud-Middelburger Dorothy Erasmus (60) en haar man, Normand Levesque, is trokdrywers in Kanada, wat bykans elke week op die Alaska Highway met hul agtienwiel trok op die pad is.
Normand Levesque agter die stuur van hul trok.
Dorothy Erasmus en Normand Levesque ’n paar jaar gelede saam afgeneem by Alberta (Kanada).
Hulle ry saam en los mekaar op ’n sesuurlikse basis af om binne 24 uur hul aflewering te doen, baie keer op seepgladde paaie in die sneeu op vreesaanjaende kronkelroetes.
Die veerboot wat hulle met hul trok oor die McKenzi rivier moet neem.
Dit is nie snaaks om ongelukke langs die pad te kry nie, want die trokdrywers word baie moeg van die lang ure se bestuur.
So tussendeur vlieg sy die wêreld vol om by haar kinders, wat onder andere in Engeland, Australië en Qatar bly, te gaan kuier en ook foto’s te neem.
Dorothy afgeneem tydens hul besoek aan Doha, Qatar. Haar seun bly in Qatar.
Die Alaska Highway (Yokon) in die Lente.
Die Double G-restaurantjie en motel waar hulle graag ontbyt geniet.
Hierdie interessante foto het sy by Watson Lake geneem. Toe die pad desjare gebou is, het mense van oral af hierdie naam- en aanwysingsborde soontoe geneem. Dit is ’n wêreldbekende toerisme-aantreklikheid.
’n Bison wat sy langs die pad afgeneem het.
Gaan lees meer oor dié interessante vrou wat tans in Middelburg by haar familie kuier in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
Dié beer het hulle ook langs die pad te siene gekry.
Dorothy rits graag die wêreld vol om by haar kinders te gaan kuier. Hier is sy afgeneem by die Peterborough katedraal in Engeland.
’n Foto wat Dorothy geneem het van die brug by Yellowknife.
Op hierdie roete ry hulle oor die ewenaar.
’n Ou gebou wat sy naby die Morley river afgeneem het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.