News
‘Nie net boere word vermoor nie’
Die dag toe almal swart hemde gedra het vir al die moorde op boere, het Retha Moorcroft haar swart hemp gedra vir haar man, Clint, wat op 18 Desember 2016 in hul vakansiehuis vermoor is.
“Dit is nie net boere wat vermoor word nie! Almal word vermoor, wit, swart, oor al die kleurgrense heen! Vir wat? Dit gaan nie verander voordat die doodstraf nie teruggebring word nie,” sê me. Moorcroft.
Mnr. Moorcroft is verlede jaar koelbloedig in hul vakansiehuis by die Golden Mile Country Estate langs die Witbankdam doodgeskiet.
“Kyk hoe word oumense gemartel! Waarvoor?”
Sy sê haar man is nie net doodgeskiet nie, sy tyd saam met sy familie is weggesteel van hulle af.
“Ds. Hardus van Niekerk het tydens die begrafnisdiens gesê dit was nie Clint se tyd nie, want die Here sê jy mag nie moord pleeg nie!”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!