News

So word Clint onthou

Retha Moorcroft sê sy het nie haar man, Clint, se Facebookprofiel verwyder na sy moord nie.

Retha Moorcroft sê sy het nie haar man, Clint, se Facebookprofiel verwyder na sy moord nie,
“Ek gaan aan met sy memory. Ek het net RIP (rus in vrede) vooraan sy naam gesit en tag hom steeds by alles wat in ons lewens aangaan. Die mense wat hom geken het, waardeer dit. Hy is nog steeds deel van ons lewens.”

• Die laaste inskrywing op sy profiel was Saterdag, 11 November:

“Vandag is nog een van daardie eerstes…pa se doggie en ma se sussa se verjaarsdag. “Sus baie geluk met jou verjaardag. Mag dit ’n wonderlike en geseënde jaar wees vir jou. Ek weet jy gaan nog groot sukses bereik. Ek is baie trots op jou en pappa Clint sou ook gewees het. Mag jy ’n heerlike dag hê en sommer lekker bederf word. Droom groot…ek lief jou baie.”

Op 28 Julie vanjaar het Retha Moorcroft en haar kinders ’n boom gaan plant vir haar man, Clint, se verjaardag.

Buiten die een keer per maand wat sy gery het na die huis om die huishulp te gaan betaal, het hulle voor Julie nooit weer almal saam daar byeen gekom nie.

“Ons het nog nooit weer daar gaan slaap nie.”

Op 28 Julie het haar man verjaar en het sy en haar kinders besluit om ’n boom, ’n Vaderlandswilg, te gaan plant.

Nadat hulle die boom geplant het, het sy ’n rukkie in die huis gaan sit en vir haarself ’n koppie koffie gemaak.

“Ons het die matjie waar hy dood is, verbrand.”

• Op hul huweliksherdenking het hul sy as in die nissie by die kerk gesit.

• Mnr. Moorcroft is op 18 Desember 2016 doodgeskiet in hul vakansiehuis langs die Witbankdam. Sy moordenaars is steeds op vrye voet.

Ander nuus:

Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button