News

Dalk Audi van polisieman se kaping?

’n Inwoner van Middelburg wonder of ’n Audi wat gestop en nommerplate afgehaal het, nie dalk te doen het met die kaping van die welbekende polisieman, adj. Wimpie Botha, nie.

Adj. Botha is Sondag, terwyl hy oppad terug was van ’n misdaad toneel, gekaap en in beide sy kuite geskiet toe hy nie vir sy aanvallers geld kon gee nie.

Hy sterk tans aan in die Life Cosmos Hospitaal.

Daar is in die Dinsdag uitgawe van die Middelburg Observer berig oor adj. Wimpie Botha se kaping.

Die motoris, mnr. Reghard Botha, sê hy het laat verlede week die dorp ingekom vanaf die Vandyksdrifpad.

By die Mandela/Keiskamma kruising het ’n silwer Audi en ’n bakkie langs die pad, naby die stopstraat gestop.

Adj. Wimpie Botha

Twee mans het uit die silwer Audi geklim en die nommerplate afgehaal.

Terwyl hy verby gery het, het hy gesien dat daar twee vrouens in die dubbelkakuit bakkie gesit het, wat saam met die Audi daar gestop het.

“Dit was vir my baie verdag dat hulle die Audi se nommerplaat afgehaal het. Ek weet nie of dit dalk verband kan hou met Wimpie se voorval nie. Dalk is daar iets of dalk nie…”

 

Ander nuus:

Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis

Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer

Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button