News

…én jy gaan verantwoordelik wees vir sy oordosis

Dit is te danke aan donasies en Middelburgers se vrygewigheid dat daar so baie bedelaars op straathoeke staan.

Dit is die gevolgtrekking waartoe www.mobserver.co.za se Attie Dippenaar gekom het nadat hy saam met ’n plaaslike pastoor die strate ingevaar het om met bedelaars te gesels.

Die doel was om bedelaars wat sê dat hulle nie aan dwelms verslaaf is nie en bloot bedel om kos op die tafel te sit, met hul toestemming te toets vir die teenwoordigheid van verbode middels, en so vir eens en altyd agter die waarheid te kom.

Die seun wat homself weerspreek het oor sy naam. Hy noem homself “Mpho Sibinde” en hy bedel al vir maande op die hoek van Sondagsrivierstraat en Mandelarylaan. Niemand weet waar die kind bly nie.

Pastoor Jannie Jacobs, van Oorwinnaars, werk uitsluitlik met verslaafdes en ken meeste van die jongmense op straat. Hy het www.mobserver.co.za vergesel. Al die bedelaars waarmee die paar gepraat het, het openlik erken dat hulle aan dwelms verslaaf was en dit was nie nodig om een van hulle te toets nie.

’n Heroïenverslaafde het gemiddeld ses pakkies, teen R40 een, per dag nodig. Dit werk uit op ’n verbysterende R7 800 per maand of R86 400 per jaar, net om hul verslawing te voed.

Lees: Nog ’n dwelmverslaafde dood

Pastoor Jacobs meen dat slagspreuke wat lei “Donasies vir kos” of “Werkloos en gesin om voor te sorg” eintlik met “Ek soek geld vir my volgende fix” vervang moet word.

Hy het inwoners versoek om nie aan die bedelaars geld te gee nie.

Pieter* is nou ‘n week terug in Middelburg. Hy het ingestem om te staan vir ‘n foto omdat hy meen dat dit vir ‘n goeie doel is.

Nog iemand wat gereeld met verlaafdes werk, het vertel hoe sy en ’n polisieman ’n verslaafde net betyds gekry het toe hy wou selfmoord pleeg.

Lees: Dwelms, moord, oorwinning

Hulle moes die man, wat wild na hulle geskop het, om die bene vang en optel sodat die tou waaraan hy homself gehang het, afgesny kon word.

Gerhard het nadat hy geld in die hande gekry het, reguit na Iraq Taxistaanplek geloop.

Dit het aan die lig gekom dat die man kort voor sy selfmoord poging, R200 by ’n inwoner in Gholfsig gekry het en daarmee gaan dwelms koop het.

Lees: Van skrootwerf na dwelmplaas

“Besef mense dan nie, as jy vir ’n dwelmslaaf soveel geld gee, kan jy net sowel ’n gelaaide pistool in sy hand druk. Jy gaan tien-teen-een nog eendag verantwoordelik wees vir iemand se oordosis en dood,” het die vrou gewaarsku.

Verwante stories:

Video: ‘Ons mors nie, ons is dankbaar vir die kos’

Mpho bedel al maande

Heroïen hou hulle op straat

Ander nuus:

Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis

Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer

Is daar grafte, swart grafte, onder meenthuise?

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button