News

Verkeerskonstabel met blou lig kaap trok op N4

’n Trokbestuurder het met sy lewe ontsnap te danke aan ‘die Here se genade’ meen Jimmy Pretorius, eienaar van ’n vervoermaatskappy.

Joas (van onbekend) was Woensdagaand op pad na Nelspruit vanaf Johannesburg toe hy om 18:00 op die N4 by die Hendrina afrit deur ’n verkeerskonstabel afgetrek is.

Sy werkgewer, mnr. Pretorius, sê dat Joas aan hom vertel het dat daar skielik vyf mans saam met die “verkeerskonstabel” in die trok ingeklim het.

Lees: Dalk Audi van polisieman se kaping?

Die Audi is gesien toe dit stop en nommerplate afhaal buite Middelburg.

 

Die Nissan UD 80 trok het ’n slaap afskorting. Joas is daar in gedruk en ’n kombers is oor sy kop gegooi.

Voordat die kombers sy sig belemmer het, het hy gesien hoe die verkeerskonstabel die blou lig van sy kar afhaal en bêre.

Read: Entire family wiped out in N4 accident

An entire family was wiped out in an accident on the N4.

 

Die groep rowers het daarna op die hoofweg met die trok gery. Joas het gehoor hoe hulle praat en sê dat hulle liewer moet omdraai omdat daar baie verkeerskonstabels by die weegbrug was.

Intussen het Cartrack teen 20:01 vir mnr. Pretorius gebel en gesê dat hulle ’n sein naby Belfast gekry het dat daar fout met die trok se opsporingsisteem was. Mnr. Pretorius het vir Joas probeer bel en alarm gemaak toe hy hom nie in die hande kry nie.

Lees: Blouligbende kaap kolonel

Uit vrees vir die verkeersmanne by die weegbrug, het die kapers op die hoofweg omgedraai en met Hendrina afrit, waar die trok oorspronklik gestop is, gery.

Langs die N11 het die rowers gestop en vir Joas beveel om uit te klim. Hulle het ’n draad geknip en vir hom gesê om voor ’n bos te gaan staan.

Lees: Wees gewaarsku: Rowers wag langs N4

Mnr. Pretorius sê dat Joas sy kans gesien het, in die bos ingehardloop en toe in ’n gat gaan weggekruip het. Al die rowers het uit die trok geklim en na hom gesoek.

“Hulle kon hom genadiglik nie kry nie. Dit is net die Here se genade. Wie weet wat hulle met hom sou doen as hulle hom gekry het,” sê mnr. Pretorius.

Lees: Dorp aan die gons oor kaping

Die trok is later naby Hendrina teruggevind. Die kajuit was erg beskadig soos wat die kapers na die satelliet opsporingsisteem gesoek het.

Mnr. Pretorius meen dat kapers die trok agter gelaat het nadat Joas ontsnap het. Hy vermoed die trok was oppad na die Oshoek of Komatipoort grenspos.

 

Ander nuus:

Pa ‘skiet’ gesin uit gevaar tydens plaasaanval

…én jy gaan verantwoordelik wees vir sy oordosis

Daar is ’n tyd vir alles…toe hang bejaarde haarself

Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis

Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

Back to top button