News

Waar is Wolfswinkel se moordenaars?

Daar word steeds onverpoosd gesoek na die moordenaars van mnr. Gavin Wolfswinkel (32) en sy regterhandman in die boubedryf, mnr. Lucky Sithome (30), wat beide op 15 November 2015 op die kleinhoewe Boschkop in die Ooste van Pretoria geskiet is.

Die twee mans was albei oud Middelburgers en lank in diens van die konstruksiemaatskappy Corp Air in die dorp.

Mnr. Wolfswinkel het later ’n pos by ’n konstruksiemaatskappy in Pretoria aanvaar en gereël dat mnr. Sithome saam met hom daarheen trek.

Hy het ook vir mnr. Sithome blyplek op die kleinhoewe gekry waar hy saam met sy aanstaande, Nadia Treeby, gebly het.

Lees vorige storie hier: Dubbel moord ruk twee families

Mnr. Wolfswinkel en me. Treeby sou vier weke na sy moord trou.

Hy is die Sondagaand net na 20:00 uit om ondersoek te gaan instel, nadat die alarm by die huis geaktiveer is.

 

Lucky Sithome (30)

 

Hy het me. Treeby beveel om binne te bly en die deure te sluit, waarna hy aan mnr. Sithome se kamerdeur gaan klop het om te hoor of hy nie per ongeluk die alarm geaktiveer het nie.

Me. Treeby het gehoor hoe klop mnr. Wolfswinkel aan mnr. Sithome se deur. Sekondes hierna het sy mnr. Wolfswinkel hoor skree en die skote hoor klap.

Lees: Vier moorde in een week

Mnr. Wolfswinkel is in die kop gewond terwyl mnr. Sithome by sy kamerdeur in die bors geskiet is.

Sedert die moorde is daar nog geen vordering met die polisieondersoek gemaak nie en nog geen verdagtes geïdentifiseer nie.

Mnr. Wolfswinkel se suster, me. Chnay Coetzer, sê die familie het ’n privaatspeurder aangestel wat nou die saak ondersoek.

Lees: Ses jaar na moord kry vrou oproep

Daar word ook ’n beloning aangebied vir die arrestasie en vervolging van mnr. Wolfswinkel en mnr. Sithome se moordenaars.

Me. Coetzer sê dat inligting vertroulik hanteer sal word en anonieme wenke welkom is om in die ondersoek te help.

Enige inligting kan deur gegee word aan me. Coetzer by 079 522 1219.

Ander nuus:

Pa ‘skiet’ gesin uit gevaar tydens plaasaanval

…én jy gaan verantwoordelik wees vir sy oordosis

Daar is ’n tyd vir alles…toe hang bejaarde haarself

Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis

Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

Back to top button