News

Eers die een, toe die ander – twee seuns van geliefde predikant verlam

Twee seuns van ’n bekende en geliefde NG Kerk predikant, ds. Gawie Conradie, is albei verlam.

Ds. Gawie Conradieis die voormalige N.G. Ligkruis predikant op Middelburg.

Op 15 April 1995 het sy seun, ook Gawie Conradie se lewe onherroeplik verander toe hy op die Allandale afrit tussen Johannesburg en Pretoria deur kapers in die rug geskiet is.

Lees: Verlam na ongeluk

Twee van sy vriende sonder brandstof gaan staan het. Hy het gery om vir hulle brandstof te vat.

 

 

Die kapers het leë hande op die vlug geslaan terwyl Gawie die res van sy lewe as parapleeg in ‘n rolstoel moet leef.

Nou het ds. Conradie die tyding gekry dat sy ander seun, Attie, ook verlam is.

Attie, ‘n kranige fietsryer, het op pad werk toe uit Panorama in die Kaap, teen ‘n stilstaande trok wat in die fietsbaan getrek was, gebots.

Hy sterk tans in die Vincent Pallotti rehabilitasiesentrum aan, maar sal soos sy broer Gawie vir die res van sy lewe in ‘n rolstoel gekluister wees.

Die pa van drie dogters, een in Graad 11, die ander in Graad 8 en sy jongste in Graad 2, kan sy skouers, arms en polse effens beweeg en met rehabilitasie hopelik sy krag ontwikkel sodat hy gebruik van dié ledemate sal hê.

 

 

• ‘n Vriend van Attie, mnr. Cor Winckler, het met behulp van www.backabuddy.co.za ‘n webblad getiteld “Get Attie Conradie Mobile Again” begin om fondse, wat nie deur sy mediese fonds gedek word nie, in te samel.

Die geld sal onder meer vir sy intensiewe rehabilitasie en nodige veranderings aan sy huis gebruik word.

Ander nuus:

Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken

Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is

Waar is Wolfswinkel se moordenaars?

Waarskuwing aan boere: Pas jul vee op hierdie feesseisoen

Verkeerskonstabel met blou lig kaap trok op N4

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button