Gebruik minder water!
Die heerlike reën die naweek het die Middelburgdamvlak net vir een dag, Sondag, laat stabiliseer op 56.5%, maar teen Maandag was hy weer af na 56.4%.

Dit beteken dat die watergebruik steeds geweldig hoog is in Middelburg.
Reënval syfers vir die naweek:
-
- By die Middelburgdam het dit 17 mm oor die naweek gereën.
- In ons opvangsgebied, Hendrina, is 32 mm oor die naweek gemeet.
- Op Pullenshope 20 mm.
- In Kanonkop tussen 33-40 mm.
- 18 mm in Dennesig.
- 20 mm in Aerorand.
- 18 mm op Doornkop (15 kilometer buite Middelburg op Loskopdampad).
Between Bethal & Middelburg. Venita Prigge #rain #water #SouthAfrica @MOBSERV @SAWeatherServic @eNCAWeather @JoelGuy_ @maroelamedia pic.twitter.com/aIklLZCw0z
— ReenvalSA (@ReenvalSA) November 25, 2017
• Mnr. Pieter du Plessis het Maandag op die Facebookgroep, “Middelburg Reënval” laat weet dat daar vanaf Woensdag tot Maandagoggend reeds 80 mm reën by hulle geval het tussen Belfast en Carolina.
“Dit nadat ons mielies vir amper ’n maand in die bloedige son gestaan het”.
• Motoriste het op die “Reënval in SA” Facebookblad deur middel van videos gewys hoe die water langs die paaie gestroom het tussen Middelburg en Bethal.
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/?p=75826
Ander nuus:
Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken
Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is
Waar is Wolfswinkel se moordenaars?
Waarskuwing aan boere: Pas jul vee op hierdie feesseisoen
Verkeerskonstabel met blou lig kaap trok op N4
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
