Dwelmverslaafde tronk toe gestuur
Een van Middelburg se berugte dwelmkinders is tronk toe gestuur.

Mariska Weilbach se suster het teen haar getuig in twee diefstalsake waarop sy skuldig gepleit het.
Sy is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar opgeskort is vir vyf jaar.
Landdros Lindiwe Vukeya het gesê sy hoop dat Weilbach hierdie geleentheid gaan gebruik om haarself te rehabiliteer.
Lees: Van skrootwerf na dwelmplaas
Sy is op 24 Julie vanjaar gearresteer, nadat sy ‘n bonuskaart wat verdwyn het uit ‘n woonstel by Silver Birch woonstelle, by OK Grocer (Jeppestraat) gebruik het om ‘n pakkie sigarette te koop.
Weilbach het erken dat sy ‘n koffiebeker, die kaart en R300 gesteel het.
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/?p=37260
Sy het ook skuldig gepleit op die klagte dat sy ingegaan het by die woonstel van mnr. Ettienne van der Berg en onder andere ‘n PSP Konsole en ‘n unieke muntversameling gesteel het.
Lees: Daar is lewe na verslawing
Haar regsverteenwoordiger, mnr. Shadrack Madiba, het gesê Weilbach het die artikels gesteel, omdat haar kêrel baie skuld gehad het en hulle honger was.
Lees vorige storie oor Mariska Weilbach hier:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/?p=70010
Daar is getuig dat Weilbach al sedert 2008 ‘n dwelmprobleem het en dat haar familie al alles probeer het om haar te rehabiliteer.
Lees: Juicy uitgewys as vermeende handelaar
• Landdros Vukeya het gesê sy hoop die uitspraak dien as afskrikmiddel vir ander wat daaraan dink om soortgelyke misdade te pleeg.
• Verlof tot appèl is toegestaan.
Lees: …én jy gaan verantwoordelik wees vir sy oordosis
