News

Vrou het visioen van ongeluk – sterf later

Jackie Hulme (27) wou die oggend nie hê dat haar vriend, Herman Combrink, ry nie, “omdat sy ’n visioen van ’n ongeluk gehad het,” het hy gesê.

’n Oud-leerling van HTS Middelburg het Sondagmiddag in ’n ongeluk op die ou Middelburg/Witbankpad (R555) gesterf net etlike ure nadat sy saam met vriende in Middelburg gekuier het.

 

Herman Combrink en Jackie Hulme was groot vriende.

 

Jackie Hulme (27) wou die oggend nie hê dat haar vriend, Herman Combrink, ry nie, “omdat sy ’n visioen van ’n ongeluk gehad het,” het hy gesê.

“Min het ons geweet dat dit sy sou wees.”

Die ongeluk het kort voor 16:00 net sowat 50 meter anderkant die Olifantsrivierbrug gebeur.

Na wat verneem word was sy op pad na eMalahleni toe sy in ’n ongeluk met ’n trok betrokke was. Sy het op die toneel gesterf.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/59693/blomme-langs-pad-vir-ma-wat-in-ongeluk-sterf/

Mnr. Combrink het gesê dat sy Vrydag vir ’n onderhoud in die Drakensberge gegaan en daar oorgeslaap het. Sy sou Donderdag (more) daar begin werk het.

Saterdag het sy by hom kom kuier in eMalahleni en was hulle vandaar by ’n paar kuierplekke in eMalahleni en Middelburg.

Jackie was op pad na eMalahleni toe die ongeluk gebeur het.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/15952/man-sterf-in-kettingbotsing/

“Ek was een van die laaste mense wat haar lewendig gesien het.”

’n Roudiens word Vrydag om 14:00 by die Kapel by die begraafplaas in Middelburg gehou.

• Doret van der Merwe, Jackie se vriendin, het ’n video as huldeblyk oor haar lewe gemaak.

• ’n Meer volledige berig verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Ander nuus:

Meningspeiling – Dalk geen meer Classic Clashes

Dwelmverslaafde tronk toe gestuur

Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken

Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is

Waar is Wolfswinkel se moordenaars?

Verkeerskonstabel met blou lig kaap trok op N4

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button