Gemeenskap help om lyke, kiste uit te dra voor vuur Avbob verswelg
’n Vuur wat by OK Furniture Groblersdal ontstaan het, het vir ure gewoed voordat dit geblus kon word.
Die vuur het om en by 18:00 ontstaan en is eers 23:00 geblus. Dit het van OK, eers na TAB en daarna na Avbob begrafnisondernemers versprei.
Toe dit duidelik word dat die vuur nie betyds gestop gaan word nie, het Avbob se werknemers die hulp van die gemeenskap ingeroep om liggame en kiste te help verwyder.
Polisie, buurtwaglede en die algemene publiek het help dra.
Die kiste met liggame in is eerste uit gedra en na Martin’s Funeral Services vervoer waarna die leë kiste met bakkies na ander stoorplek aangery is.
Ander nuus:
Wat doen jy as daar ‘n mes teen jou bors is?
Vrou het visioen van ongeluk – sterf later
Dwelmverslaafde tronk toe gestuur
Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken
Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is
Waar is Wolfswinkel se moordenaars?
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
