News
Vakansieprogramme om die jongspan besig te hou
Dis vakansietyd en die opgewondenheid van skole wat sluit, het plek gemaak vir verveling. Hier is ’n paar vakansieprogramme om die jongklomp besig te hou hierdie Desember:
Middelburg Riding Club:

11 – 15 Desember
- Die MRC span beloof om jou kinders heel dag besig te hou met ’n propvol program met aktiwiteite soos kuns wat van kralewerk tot knoop en doop T-hemde strek, ‘Koekedoor’, perdry, waterglybaan en vele meer. Alle kos en drinkgoed vir die dag word voorsien.
- Oggendprogram vir kinders 3 – 5 jaar van 09:00 tot 11:00 beloop R450 per kind.
- Voldagprogram vir kinders 6 en ouer van 08:00 tot 16:00 beloop R980 per kind.
- Bel of stuur ’n WhatsApp boodskap na Karin by 079 058 9689 vir meer inligting.

Amoravoëlpark:

Die hele vakansie
- Word deel van die ‘Amora Crew-projek’. Laer en Hoërskoolleerlinge kan by die park inskakel om vrywilligerwerk met die diere in die park te verrig. Bel vir Nadia by 082 449 1410 of Susan by 082 921 3995 indien jy belangstel.
Kamp teen boelies:
5 – 8 Desember of 11 – 14 Desember
- Die Boerelegioen bied ’n kamp vir kinders van 10 tot 16 jaar aan om hulself te bemagtig wat selfverdediging, verfbalskiet, nagoorlewingsvaardighede, laternbekruip en ’n spookhuis insluit.
- Slegs 30 kinders per kamp.
- Kostes R700 per kind.
- Stuur ’n WhatsApp boodskap na 084 419 8857 of 063 057 0996 indien jy belangstel.
Weet jy iets wat ons nie weet nie? Stuur ’n e-pos na jana@mobserver.co.za indien jy van enige ander vakansieprogramme vir kinders weet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
