Dit reën lekker, maar wat van damvlak?
Het die lekker reën wat die laaste paar dae in die dorp geval het enige invloed op die Middelburgdamvlak?
Daar is sedert Maandag ’n effense inloop by die Middelburgdam.
Die damvlak het effens gestyg, maar nie so dat dit inwoners opgewonde behoort te maak nie.
Alhoewel dit van gister af heerlik reën en swaar neerslae netnou begin val het, is die damvlak steeds baie laag vir hierdie tyd van die jaar.
Tot sowat drie weke gelede is daar water vanaf Pienaardam en die Athlonedam ook gepomp, maar sedertdien kom alle dorpsgebruikwater uit die dam en het dit ’n groot invloed op die vlak.
https://twitter.com/MOBSERV/status/938383110131060736
Reënvalsyfers
Die volgende reënvalsyfers is op die Facebookgroep Middelburg Reënval aangeteken vir Dinsdagnag/Woensdagoggend:
- 24 mm in Wesstraat Clubville (Johan Joubert)
- 25 mm Hendrina Dinsdagoggend (Ronel Louwrens)
- 30 mm Morkelstraat Groenkol (Hendrik Stolz)
- 22 mm Elangstraat Kanonkop (Anel Noortman Otto)
- 36 mm Meidoringstraat Kanonkop (Veronica Muller)
- 25 mm Njalastraat Dennesig (Gerrie Grobbelaar)
- 30 mm Walter Sisulustraat naby SAVF (Lorraine Roux)
- 60 mm plaas Doornkop, 15 km uit op Loskopdampad (Erica Potgieter)
• Die nuutste damvlakke sal in die Vrydaguitgawe van die Middelburg Observer bekend gemaak word, wat reeds more te koop is.
Ander nuus:
Waarskuwing: Maak seker jy hou jou boetestrokies
Gemeenskap help om lyke, kiste uit te dra voor vuur Avbob verswelg
Wat doen jy as daar ‘n mes teen jou bors is?
Vrou het visioen van ongeluk – sterf later
Dwelmverslaafde tronk toe gestuur
Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
