News

Waarskuwing: Maak seker jy hou boetestrokies

’n Vrou wat in ’n padblokkade voorgekeer is het so byna in boeie beland, al het sy reeds haar verkeerboetes betaal. 

Die vrou, wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wou bly, sê dat sy in Mandela Rylaan by ’n padblokkade voorgekeer is.

Haar lisensie is nagegaan en sy is ingelig dat daar drie uitstaande boetes op haar naam is.

Watch: VIDEO: Pay fines, or pay the consequences

Sy moes R2 000 op die plek betaal of arrestasie in die gesig staar. Sy sê dat iemand wat sy ken juis die dag voor die tyd toegesluit is oor uitstaande boetes.

Die vrou het gelukkig al haar betaalstrokies in haar motor gehad, selfs die van boetes wat in 2016 betaal is.

Lees: Stywe boete maar lesing wys anders

Die verkeerskonstabels op die toneel was skepties oor haar strokies omdat haar betalings nie op hul lêers gewys het nie, en het die hulp van hul kantoor ingeroep.

Lees: Kort verkeersman, lang storie

Na ’n paar minute het die verkeerskantoor laat weet dat haar boetes wel betaal is.

“As ek nie my strokies by my gehad het nie, sou ek of tweekeer moes betaal of gearresteer word,” sê die vrou.

Lees: Gee later R2 000 boete

Ander nuus:

Gemeenskap help om lyke, kiste uit te dra voor vuur Avbob verswelg

Wat doen jy as daar ‘n mes teen jou bors is?

Vrou het visioen van ongeluk – sterf later

Dwelmverslaafde tronk toe gestuur

Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken

Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is

Waar is Wolfswinkel se moordenaars?

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button