Soveelste borgaansoek vir doodskistwee
Willem Oosthuyzen en Theo Jackson, geklee in bruin, staan tans in die hooggeregshofbank in Middelburg om vir die soveelste keer aansoek om borg.

Daar is in die hofgange bespiegel dat die borgaansoek geloods is nadat hul petisie by die Appélhof in Bloemfontein ingedien is en hulle nou vra om borg wyl hulle wag vir die uitkoms daarvan.
#CoffinCase Meer joernaliste as publiek in die hof op die oomblik. Almal wag geduldig dat die hof moet begin. Doodskistwee se regspan vra dat hul handboeie verwyder word toe hulle in die hof instap. #Middelburg .@MOBSERV
— Jana B (@farmjane) December 7, 2017
Oosthuyzen en Jackson se borgaansoek na hul inhegtenisname was onsuksesvol. Hulle het ‘n tweede borgaasoek op grond van nuwe feite gebring wat ook nie geslaag het nie. Hul derde borgaansoek, kort voor hul verhoor begin het, is toegestaan.
Hulle is egter weer in hegtenis geneem nadat hul skuldig bevind en gevonnis is. Regter Sheila Mpahlele het hul aansoek tot appél geweier wat die twee se regspan genoop het om hul tot ‘n petisie by die Appélhof te wend.
