News

Gemeenskap, polisie ruk op, diewe los gesteelde voertuig en vlug

Met ’n helikopter, Tracker, die polisie en lede van die noodgroep, Community & Farm Protek warm op hul spoor, het kardiewe gou op ’n grondpad ingejaag, hul gesteelde voertuig agtergelaat en laat spaander.

Die drama het Saterdag in Centurion begin toe ’n Hilux bakkie gesteel is. Die Trackersein is geaktiveer, maar die booswigte was toe al ver uit Pretoria uit.

Die sein is op die N4 opgetel en die blitspatrollie, Middelburg polisie-eenhede en lede van Community & Farm Protek het dadelik reageer.

Die polisiehelikopter was ook vinnig in die lug.

Vir die diewe was dit een te veel en het hulle die Panafrit op die N4 gevat, die voertuig agter gelaat en laat spaander.

Alle aanduidings is dat daar ’n tweede voertuig was wat saam met die diewe gery het, want die Hilux het nog geluier toe dit gevind is. Daar was geen spoor van die diewe nie.

• ’n Meer volledige berig verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Ander nuus:

Waarskuwing: Maak seker jy hou jou boetestrokies

Gemeenskap help om lyke, kiste uit te dra voor vuur Avbob verswelg

Wat doen jy as daar ‘n mes teen jou bors is?

Vrou het visioen van ongeluk – sterf later

Dwelmverslaafde tronk toe gestuur

Ongelukslagoffers na twee maande nog nie uitgeken

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button