Die omstandighede rondom die voorval is nie tans duidelik nie.
Daar is wel verneem dat die man skrams in die gesig getref is en homself hospitaal toe gery het. Hy word tans steeds in die Midmed Hosptiaal behandel, maar is buite gevaar.
Die man was vermoedelik ’n klient wat toevallig in die kafee was. Die voorval het om en by 19:00 gebeur.
Daar is aan www.mobserver.co.za se joernalis op die toneel vertel dat die man wat die sneller getrek het, iemand was wat kom hout aflewer het.
Boodskappe op ’n veiligheidsgroep lei dat die jong man geskiet is toe hy rowers wat sigarette by die kafee wou roof, gekonfronteer het.
Daar was ook onwaar gerugte dat dit die eienaar van die kafee was, wat geskiet is.
• Kort daarna is daar ’n sekuriteitswag by die ou Kanhym op die Hendrinapad geroof. Hy is met die handvatsel van ’n vuurwapen oor die kop geslaan.
ER24 is na die toneel ontbied en die man is na die Middelburg Hospitaal vervoer.
Ander nuus:
Renoster by Loskop Natuurreservaat gestroop
VIDEO: Man spring uit brandende voertuig
Tienermeisies sit twee ure in Menlyn Mall hysbak vas
Klankgreep: Vermeende inbreker pas gevang
Waarskuwing: Maak seker jy hou jou boetestrokies
Gemeenskap help om lyke, kiste uit te dra voor vuur Avbob verswelg
Wat doen jy as daar ‘n mes teen jou bors is?
Vrou het visioen van ongeluk – sterf later
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
