News

Rower sê ‘Jy gaan nou f***** doodgaan’ en trek sneller

’n Man wat in die gesig geskiet is deur ’n rower, se gesin beskou dit as ’n absolute wonderwerk dat hy nog leef. 

Jacques Roux was Dinsdagnag, 12 Desember, by Rembrandt Kafee in Middelburg toe ’n bende gewapende rowers die besigheid binne gestorm het.

Dit het gevoel of die rowers op Jacques fokus, het ’n familiewoordvoerder vertel.

Lees: Man geskiet by Rembrandt Kafee

Die eienaar en werknemers het op die grond gaan lê, maar een van die rowers het met mnr. Roux in ’n stoeiery betrokke geraak.

Lees: Hond met pyl geskiet

Mnr. Roux het in ’n poging om weg te kom van die man, onder ’n opening in die winkeltoonbank ingeduik en sy arms om die toonbank se poot geklem.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/76581/man-geskiet-rembrandt-kafee/

Rowers het probeer om hom aan sy voete uit te pluk, maar hy was te sterk vir hulle. ’n Rower het toe doodeenvoudig oor die toonbank geklim, sy geweer teen mnr. Roux se agterkop gedruk en met die woorde ‘Jy gaan nou f***** doodgaan’, die sneller getrek.

Lees: Wag in die gesig geskiet

Mnr. Roux het vermoedelik op die regte tyd sy kop geruk. Die koeël het sy linkerwang van die oor af tot voor oop gekloof. Dit het egter sy skedel, kakebeen en al sy tande gemis.

Lees: Mosambieker geskiet – misdaad skielik minder

Nadat die rowers met sigarette en geld gevlug het, het mnr. Roux in sy voertuig geklim en self hospitaal toe gery vir behandeling.

Lees: Is daar skote met bakleiery by Tracers geskiet?

’n Woordvoerder vir die Roux egpaar het gesê dat die familie graag wil verklaar dat “God almagtig is” nadat mnr. Roux vir hulle gespaar is.

 

Ander nuus:

Goeie nuus oor damvlak

Renoster by Loskop Natuurreservaat gestroop

VIDEO: Man spring uit brandende voertuig

Tienermeisies sit twee ure in Menlyn Mall hysbak vas

Klankgreep: Vermeende inbreker pas gevang

Waarskuwing: Maak seker jy hou jou boetestrokies

 

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button