News

Middelburgdam styg na goeie reën

Die Middelburgdam se vlak het in die laaste week skerp gestyg nadat goeie reën by die dam en in die opvangsgebied aangeteken is.

Op Maandag 1 Januarie was die damvlak 84%. Dit het in een dag met byna 5% gestyg van 79,47% op 31 Desember.

Laas jaar hierdie tyd was die damvlak 62,86%.

Dit nadat daar Saterdag 30 Desember 28 mm by die dam en 48mm in Hendrina (die dam se opvangsgebied) gereën het.

Die damvlak was vandag (Dinsdag 2 Januarie) oor die 86% merk.

Magda van der Linde het in die Facebook groep Reënval in SA ’n foto geplaas van Loskopdam wat tans oorloop. Sy het die foto gister (1 Januarie) geneem.

Lees ook:

Dit reën lekker maar wat van damvlak?

Damvlak styg na ure se stortreën op plaas

Damvlak onder 46%

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button