News
VIDEO: Stortingsterrein ’n nagmerrie vir Dennesig/Kanonkop inwoners
Dit gaan so sleg by die Dennesig stortingsterrein dat inwoners selfs nou versoek dat die terrein wat vir hulle gerief opgerig is, gesluit word.

Leeglêers voer ’n heerskappy by die stortingsterrein waar hulle op besoekers toesak.
Hulle sê hulle herwin vir oorlewing maar motoriste sê dat hulle met geweld gedwing word vir kontantbydraes.
Dinge het so versleg dat inwoners nou hul rommel buite die stortingsterrein gooi.
Tonne rommel word ook verbrand en Dennesig inwoners is gedurende Desember letterlik uit hul huise gedwing deur die rook en as.
Die munisipaliteit sê hy is bewus van die krisis.
Lees ook:
Kaart wys misdaad brandpunte in Kanonkop en Dennesig
‘Daar dryf ’n lyk in die Dennesig damme!’
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
