News
VIDEO – Blitsvloede tref Stoffberg na 90mm se reën in minder as uur
Boer Hennie van Rensburg sê dat hy bykans sy trekker kwyt was in ’n poging om die motoris uit die vloedwaters te trek.

Meer as 90mm reën het Dinsdag binne ’n uur oor Stoffberg uitgesak.
Paaie in die omgewing was urelank toe weens blitsvloede wat een ongelukkige motoris in die maalkolk vasgekeer het.
Boer Hennie van Rensburg sê dat hy bykans sy trekker kwyt was in ’n poging om die motoris uit die vloedwaters te trek.
Op sy plaas het hy skade aan een van sy damme opgedoen nadat die vloedwater van naburige plase na sy plaas gestroom het.
Die dam het die massa water wonderbaarlik oorleef weens sy dik graswalle.
Daar is ook in minder as ’n uur meer as 70mm se reënval in Dennesig gemeet.
• Lees meer in Vrydag se uitgawe van die Middelburg Observer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
