News

Vermiste seun daag ongedeerd by skool op

’n Seun wat gisteraand as vermis by die polisie in Middelburg aangemeld is, het Woensdagoggend by sy skool in eMalahleni opgedaag. 

Llewellyn van der Merwe (15) is Dinsdag net na 17:00 laas gesien toe hy by sy ouerhuis weg is sonder om hulle in te lig waarheen hy gaan. Verskeie leidrade is opgevolg en soekgeselskappe het tot laat nag op die Stoffbergpad uitgejaag toe daar gesê is dat die seun daar opgemerk is.

Vanoggend vroeg het iemand laat weet dat hulle hom by die bushalte in Oosstraat gesien het. Iemand het toe by sy skool in eMalahleni gewag en verlig laat weet dat hy daar opgedaag het.

Die seun se ma, Daleen, sê dat hy nog glad nie wil sê waar hy was nie. Sy was Woensdagoggend dood moeg, maar dankbaar dat haar kind veilig is. Mev. Van der Merwe het almal wat help soek het en veiligheidsgroepe wat die seun se foto versprei het, bedank vir hul hulp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button