Motoris pluk glo pistool uit
’n Man wat met sy motor voor iemand anders ingery het, het ’n pistool uitgepluk en die ’n motoris gerig.
Mnr. Johan de Beer het op ’n noodgroep geplaas dat ’n ander motoris omstreeks 08:20 Woensdagoggend ’n wapen op hom gerig het.
Volgens mnr. De Beer het hy opgery in Weeberstraat en wou regs draai in Verdoornstraat om oor die brug te ry.
Hy het reg van toegang gehad, maar die bakkie het van die oorkantste ingang reg voor hom ingedraai in Verdoornstaat.
Mnr. De Beer het hom maar laat begaan, maar die volgende oomblik het hy gesien hoe die man ’n pistool by die venster uitdruk en na agter toe na hom wys.
“Ek het niks gedoen nie, maar hy moes geweet het hy het verkeerd opgetree, dis dalk hoekom hy die wapen uitgepluk het. Hy het met sy hand met die wapen buite gery tot ek links afgedraai het in Zuidstraat en hy na regs gedraai het by die verkeerslig.”
• Mnr. De Beer het gemeld dat hy die voorval by die polisie sal gaan aanmeld.
