Gesteelde bakkie vanoggend gevind
’n Toyta Hilux wat gister in die Sentrale Sakegebied gesteel is, is vanoggend in die vroeë oggendure in ’n veld in Boksburg gevind.
Me. Nikki Pieterse het gister omstreeks 14:00 agtergekom dat die bakkie uit die parkeerarea agter Maranatha 4×4, op die hoek van Cowen Ntuli- en Walter Sisulustraat gesteel is.
Hulle het die Cartrack nagegaan en besef dat die bakkie al om 09:30 gesteel is.
Die eienaar van die bakkie, me. Ankia Pieterse, sê die Cartrack sein het gewys dat die voertuig bykans die hele dag in die Middelburg omgewing was.
Omstreeks 03:00 vanoggend het die polisie haar gekontak en gesê dat die voertuig in die veld in Boksburg gevind is. Die booswigte het erge skade aan die binnekant van die voertuig aangerig, soos daar gesoek is na die Cartrack stelsel.
• Die vroue wil graag me. Rehana Pilodia (GPF voorsitter), asook die polisie en al die noodgroepe bedank wat onverpoos help soek het na die voertuig.
