News

Hekbattery gesteel terwyl vrou tuis is

’n Gesin se hekmotorbattery is Dinsdag gesteel, terwyl die vrou tuis was.

Me. Freda Kruger kon nie glo dat die diewe die battery gesteel het terwyl sy tuis was by hul huis in Palmstraat (Kanonkop) nie.

“Ek het die hele dag kantgordyne gewas en was in en uit die huis. Hulle moes my dopgehou het en was dalk in die erf terwyl ek buite die gordyne opgehang het!”

Sy het eers onraad vermoed toe haar man, Koos, tuiskom en die hek nie wou oopgaan nie.

“Hulle kon my oorval en verkrag en doodgemaak het! Ek voel nie meer veilig hier nie!” het sy ontsteld uitgeroep.

• Dié diefstal volg net drie weke nadat daar by hul motorhuis ingebreek is vir kraggereedskap. Die inbrekers het hulself raakgesny toe hulle deur die venster, wat hulle gebreek het om toegang te kry tot die motorhuis, wou klouter.

Die polisie het ’n stuk van die handdoek waarop hulle gebloei het (die handdoek is teen die glas gedruk om te keer vir die skerp punte, maar het hulle steeds gesny) gevat vir forensiese ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button