Meisie van Machadodorp vermis
’n Meisie van Machadodorp het Dinsdagmiddag soos ’n groot speld verdwyn.
Marika Scheepers (19) is laaste gesien by haar ouerhuis in die dorp toe sy 14:00 in ’n oop stuk veld langs die huis ingestap het. Van daar was daar nog geen teken van haar nie.

Haar foon is sedert gistermiddag af en geen van haar vriende weet waar sy is nie. Haar familie het haar as vermis by die Machadodorp polisiestasie aangemeld.
Sy het wit tekkies en ’n denimbroek aangehad met haar verdwyning. Marika het blonde hare en blou oë. Sy is sowat 1,8 m lank.

Indien iemand haar sien kan hulle vir Maureen Scheepers (082 565 6770), Niel Scheepers (082 803 4037) of David Wessels (072 777 3012) bel. Die Machadodorp polisiestasie se nommer is 013 256 0361.
Lees opvolg storie hier:
