News
Katte lê vir ure in plastieksak met pote vasgebind
’n Wreedaard het 10 katte, waarvan sommige se pote styf vasgebind is met isolasieband, in sakke en klere toegebind en in die Dierebeskermingsvereniging buitehokke gegooi, waar die diere vir ure moes lê.

Personeel van die Dierebeskermingsvereniging het eers omstreeks 07:00 Donderdag die katte gekry.

“Dit is beslis wreedheid teenoor diere!” het snr-insp. Petro Oberholzer kwaad gesê.

Sy sê as mense in die aande diere na die buitehokke bring, moet hulle die noodnommer bel, sodat ’n personeellid die diere na ’n groter, warmer en veiliger hok kan neem.

“Ons het geen idee hoe lank die katte daar gelê het nie!”

Van die katte se pote was baie styf met isolasieband vasgebind en personeel moes hul pote vryf om die bloedsirkulasie te herstel.

Snr-insp. Oberholzer sê sy is egter dankbaar dat die katte nie iewers langs die pad gelos is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!