News

VIDEO: Inwoners spring self in om eendedam te red

Inwoners gaan sommer nou self inspring en die Dennesig dammetjie skoonmaak nadat ’n akwatiese plant die dammetjie oorgeneem het.

Die munisipaliteit sê dat al die dorp se damme geaffekteer word en dat omgewingsvriendelike chemikalieë reeds aangekoop is om die Dennesig dammetjie te bespuit.

Die chemikalieë kan egter nie effektief in die dorp se groter damme gebruik word nie.

Daar is ’n proeflopie gedoen om te kyk of inwoners se plan om die plante te verwyder, gaan werk.

Eddie Louw en Yolande Stapelberg het die week die “Red Ons Eende Dammetjie Projek” op Facebook van stapel gestuur en teen die eerste dag was daar reeds meer as 200 inwoners wat aangedui het dat hulle met die skoonmaakproses sal help.

Donderdag is daar ’n toetslopie by die dammetjie gedoen en is ’n groot hoeveelheid van die watergras verwyder.

Riete wat bykans die helfte van Krugerdam al toegeroei het is ook oral ’n probleem.

Die Dennesig dammetjie sal eersdaags met behulp van verskeie spanne met hakke skoon gesleep word.
Hou www.mobserver.co.za dop vir meer inligting.

Back to top button