News

Bromponie met Rooibulplakker gesteel

’n Bromponie met ’n HTS Middelburg Rooibul plakker daarop is Sondag in die vroeë oggendure gesteel.

Me. Charmaine Joubert sê wat ’n heuglike dag moes wees omdat haar dogter, Carmen, aangeneem en voorgestel is Sondag, het ontaard in hartseer, toe sy sien dat haar rooi en swart Jonway bromponie gesteel is.

Lees ook: Motorfiets en fietse vanoggend gesteel

Hulle het eers agtergekom die bromponie is gesteel nadat hulle teruggekom het van die kerk af en iets in die motorhuis wou gaan haal.

Die diewe het van buite af ’n gat gemaak in die motorhuisdeur en daarna die deur van onder af oopforseer sodat die bromponie kon deurkom.

Lees ook: Gesteelde motorfiets op plaas gevind

“En nie een van ons het wakker geword tydens die inbraak en diefstal nie!” het me. Joubert ontsteld gesê.

Carmen is ’n matriekleerling aan HTS Middelburg en het die bromponie gekry op haar 16 de verjaardag.

Kyk hier: Video – 14 Motorfietse al in bosse versteek

As enigiemand die bromponie iewers gewaar, bel me. Joubert by 083 792 1229.

• Die inbraak volg net drie dae nadat daar vier honde vergiftig is in Broodboomstraat. Me. Joubert sê hul huis is naby die indraai na Broodboomstraat geleë.

Ander nuus:

Video: Inwoners spring self in om eendedam te red

Ex-soldier on trial for girlfriend’s murder

Katte lê vir ure in sakke met pote vasgebind

 

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button