Honde vergiftig: ‘Boewe wil hul uit die pad kry vir inbrake’ waarsku GPF
Honde word weer voor die voet afgemaai en daar is vanoggend in die vroeë oggendure by twee huise in Dennesig ’n totaal van vier honde vergiftig.
Twee honde in Helen Josephstraat dood
Me. Magda Wessels sê hul honde het tussen 01:00-03:00 vanoggend erg tekere gegaan by hul huis in Helen Josephstraat en het haar man, Gerhard, het op ’n stadium met hulle geraas.
Hulle het egter bekommerd geraak toe die honde aanhou blaf en het hulle ingevat die huis in. Een van die honde het egter weer by die deur uitgehardloop.
Lees ook: Honde vergiftig in Kanonkop
Varkie (bulterriër) en Brakanjan (maltese poedelkruising) was skaars ’n halfuur in die huis, toe hulle agterkom iets is fout.
Toe hulle die kamerdeur oopmaak, het Brakanjan dood in die gang gelê. Varkie was erg siek en hulle het met hom na ’n veearts gejaag, maar met hul aankoms was hy ook reeds dood.
Lees ook: 38 honde in 20 dae vergiftig
Texas, die Basset, is sedertdien weg en hulle vermoed dat hy iewers op die erf dood lê. Me. Wessels sê hy kon nie uit die erf gekom het nie.
“Texas is Hardy, ons seun, se hond en Hardy is tans in Namibië. Ons sal hom nou moet bel en sê sy hond is dalk dood.”

Colleystraat loop ook deur
Mnr. Ramon Higgs vermoed hul vriendelike Husky/boerboelkruising, “Monster” is omstreeks dieselfde tyd by hul huis in Colleystraat vergiftig.
“Hoe verduidelik jy vir ’n sewejarige dat haar beste maatjie dood gemaak is deur mense wat nie harte het nie.”

Hy sê hartseer dat “Monster” net so genoem is, omdat sy een blou oog gehad het.
Ek het haar soms sommer Gillas genoem, sy het so ’n mooi persoonlikheid gehad. Sy was nie eers vir hulle ’n bedreiging nie!
Mnr. Higgs sê nie een van sy honde is kwaai nie.
“Daar is ’n spesiale plek in die hel vir hierdie mense! Die Here sien alles wat gebeur. Hoekom moes ’n onskuldige dier ly?”
‘Inbrekers wil diere uit die pad kry’
Dié vergiftings volg net vyf dae nadat daar vier honde in Broodboomstraat en twee in Jeppestraat vergiftig is. Daar is later verneem dat daar dieselfde oggend ook ’n hond in Proteastraat vergiftig is.
Mnr. Barend Rossouw (voorsitter, Gemeenskapspolisiëringsforum, sektor vier) het verlede week gesê dat die vergiftigings ’n aanduiding is dat inbrekers die diere uit die pad wil kry vir inbrake.
Lees ook: Grafiese foto’s: Inbrekers wis ons honde uit
Mnr. Rossouw het vanoggend op groepe gevra dat mense die GPF se noodnommer by 072 911 0000 moet bel as hulle enige verdagte persone opmerk.
Verdagte by Dennesig dammetjies opgemerk
Vanoggend het iemand op ’n WhatsApp veiligheidsgroep gesê dat hulle ’n man met ’n rugsak by die Dennesig dammetjies gesien het. Hy was ’n rukkie tussen die struike, waarna hy met ’n plastieksak weer by die struike uitgekom het.
Daar word vermoed dat hy een van die mense is wat gif vir die honde gee.
Met reaksielede se aankoms, het die man spoorloos verdwyn.
•Daar word gevra dat mense alle voorvalle waar honde vergiftig word by die polisie en die DBV moet aanmeld.
Ander nuus:
Video shows bloody shootout in Randburg
Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)
Bromponie met rooibulplakker gesteel
Video: Inwoners spring self in om eendedam te red
Katte lê vir ure in sakke met pote vasgebind
Nuus op ’n drafstap:
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”