News

11-jarige meisie glo op ma se bed verkrag

Die man wat van die verkragting van 'n vriendin se 11-jarige dogter beskuldig word, het vlugtig in die hof op Middelburg verskyn, waar die saak uitgestel is tot ’n latere datum.

Naas seksuele aanranding van ‘n minderjarige, staar die man ook klagtes van die vervaardiging van kinderpornografie in die gesig, omdat hy ook na bewering videos en selfoonfoto’s geneem het van die meisie.

Die meisie, nou 12 jaar oud, het haar ma van die dade vertel nadat die ma haar en ‘n maatjie in ‘n badkamer betrap het waar hulle aan mekaar “gevroetel” het.

Lees ook: Vrou glo by kliniek verkrag terwyl sy onder narkose was

Die meisie onthou drie geleenthede waartydens die man haar na bewering verkrag het.

Daar was egter talle voorvalle wat sy nie so goed kan onthou nie, soos voorvalle gedurende die nag, wanneer sy deur die slaap was en hy haar privaatdele betas en haar gelek het.

Van die beweerde verkragtings het op haar ma se bed plaasgevind.

Lees ook: Verkragters het my geknak

Die ma van die dogtertjie sê dat sy ook weet van vorige voorvalle van kindermolestering waarby die man betrek was maar dat hy nie vervolg is nie.

Die man se identiteit mag nie bekend gemaak word voordat hy op die klagtes teen hom gepleit het nie.

 

Ander nuus:

Video shows bloody shootout in Randburg

Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)

Bromponie met rooibulplakker gesteel

Video: Inwoners spring self in om eendedam te red

Katte lê vir ure in sakke met pote vasgebind

 

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

 

Back to top button