Vier leeuwelpies wat gesien is by die Pienaardam leeukamp, is skoonveld en alle aanduidings is dat hulle opgevreet is.
Daar is aanvanklik vier welpies in die leeuhok gesien is, maar later net een. ‘n Foto het gewys waar die koning van die leeuhok, die witleeu Nokka, by een van sy welpies lê.
Lees ook: Hommeltuig byna leeukos
Nokka was die pa van die welpies al is hy gekastreer!
Me. Venessa van Niekerk (Pienaardam) sê kort nadat hulle die een welpie gesien het, het hulle een Sondag, terwyl die leeus gevoer is, na die welpies gaan soek.
Die leeukamp is vier keer deursoek, maar ook die een welpie wat voorheen gesien is, was weg.
Met die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap en veearts se besoek, is Nokka en die twee leeuwyfies, Ace en Curve, verdoof sodat hulle wéér die hokke kon deursoek. Daar was egter géén teken van ‘n welpie nie.
Die vermoede bestaan dat die leeus die welpie opgevreet het, aangesien daar nie eers tekens van ‘n velletjie of enigiets anders gekry is nie.
Lees ook: Leeus weer afgemaai
Nokka is ook ondersoek om te bepaal hoe dit moontlik was dat Ace kon dragtig raak.
Daar is gevind dat een van die saadbuisies weer teruggegroei het en dit is wéér afgebind.
Beide die twee leeuwyfies is ook getoets om te kyk of een van hulle nie dalk weer dragtig is nie. Daar word nog gewag op die uitslag van hierdie toetse.
Ander nuus:
Mense lag hulle siek vir polonie grappies
11-Jarige meisie glo op ma se bed Verkrag
Video shows bloody shootout in Randburg
Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)
Bromponie met rooibulplakker gesteel
Video: Inwoners spring self in om eendedam te red
Katte lê vir ure in sakke met pote vasgebind
Nuus op ’n drafstap:
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”
