Duisende visse vrek nadat trok in poort omslaan
'n Trok met swaelsuur wat in die Kranspoortpas omgeslaan het, het ’n ekologiese ramp veroorsaak.
Mnr. Leon Smit van Zeekoegat se dam met piekniekplek vir besoekers is erg besoedel.
Al die kurpers in die dam het gevrek en ‘n kolgansfamilie is skoonveld.

Lees ook: Bielie vis is blind
Die trok het deur beton versperrings gebars en in ’n stroompie beland. Van die swalsuur het in die stroom ingelek en tot in mnr. Smit se dam geloop.
Lees: Nuusflits – Ongeluk in Kranspoort
Hy het tevergeefs probeer om die suur uit die dam te pomp. Dit was egter te laat. Die hele dam se akwatiese lewe het gevrek. Al wat oorgebly het is ’n stinkende watermassa.

Daar was intussen verskeie inspekteurs, van die vervoermaatskappy, asook van die Departement Omgewingsake, wat die dam besoek het om foto’s te neem.
Die vervoermaatskappy het op hul onkoste ‘n span gestuur om te help om die dam skoon te maak. Die inspekteur van die departement het vir mnr. Smit gesê dat die maatskappy beboet sal word vir die omgewingsramp.
Lees: Hoeveelste trok verwoes in Kranspoort
Daar is egter geen aanduiding dat van die boetegeld gebruik gaan word om mnr. Smit se dam, wat ‘n toeriste aantreklikheid was, te herstel nie.

Kyk: Video – Groot karp geflous
Daar is al 400 dooie visse uit die dam gehaal. Net die kurpers alleen se skade beloop ‘n beraamde R100 000.
•Die Kranspoortpas is verlede jaar opgradeer om sulke ongelukke te vernmy en twee stroke is aangebring waar weghol vragmotors kon inry. Hierdie was die eerste groot ongeluk nadat die N11 roete tussen Middelburg en Groblersdal verbeter is.
Ander nuus:
Toets jou skietvernuf op diè baan
Mense lag hulle siek vir polonie grappies
11-Jarige meisie glo op ma se bed Verkrag
Video shows bloody shootout in Randburg
Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)
Bromponie met rooibulplakker gesteel
Video: Inwoners spring self in om eendedam te red
Nuus op ’n drafstap:
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”
