News

Inbreker in Dennesig geskiet

’n Inbreker is vanoggend omstreeks 01:30 in Helen Josephstraat doodgeskiet.

Hy was een van agt inbrekers wat voor ’n gesin se motorhuis gelê het en besig was om die motorhuis te probeer oopbreek. Die vermoede bestaan dat hulle agter die motorfiets in die motorhuis aan was.

Polisielede, wat patrollie gery het, het die booswigte, waarvan twee gewapen was, gesien en hulle probeer vastrek.

Lees ook: Vrou sien hoe mans inbreker aanrand

Die boewe het egter in alle rigtings gehardloop en een is noodlottig gewond.

Daar word verneem dat hy in die hart geskiet is.

Lees ook: Diewe smyt motorfiets neer

• Al die polisie se eenhede, waaronder die honde-eenheid, was op die toneel en het die honde ’n geruime tyd na die booswigte gesoek. Op hierdie stadium is die ander inbrekers egter op vrye voet.
•Daleen Naude is besig om ondersoek in te stel na die gebeure en sal in die Dinsdag uitgawe van die Middelburg Observer meer daaroor berig.

 

Ander nuus:

Toets jou skietvernuf op diè baan 

Mense lag hulle siek vir polonie grappies

11-Jarige meisie glo op ma se bed Verkrag

Video shows bloody shootout in Randburg

Video shows motorcycle crash (Not for sensitive viewer)

Bromponie met rooibulplakker gesteel

Video: Inwoners spring self in om eendedam te red

 

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button