Pret met Bloedbuddy en brandweer
Kleuterskool Koedoe-oortjies het groot pret gehad saam met Bloedbuddy van die Suid-Afrikaanse Bloeddiens (SANBD) en die plaaslike brandweer.

Die SANBD het hande gevat met die brandweer om kinders van die verskillende kleuterskole in Middelburg te leer hoe om ’n lewe te red.
Lees ook: Laerskool Middelburg Kultuurfees
Verskeie kleuterskole is besoek waar daar met die hulp van Bloedbuddy vir die kinders geleer is hoe belangrik ’n mens se bloed is om lewens te red.
Die bloeddiens het verder ’n spesiale projek waartydens ouers van die deelnemende kleuterskole gevra word om bloed te skenk vanaf 26-31 Maart (Paasvrydag uitgesluit) by die Wonderpark Bloedskenksentrum. Dié kleuteskole is: Breintjieland, Mini Explorers, Little Blessings, Cherry Growth en Koedoe-oortjies.
Lees ook: Laerskool Middelburg Wildsfees
• Die kleuterskool met die meeste ouers wat kom bloedskenk, wen ’n prys.










