News
Weerlig klits telefoonlyne flenters
’n Elektriese storm gisteraand op die dorp het Telkomlyne uitgeslaan.

Verskeie gebruikers was teen laat vanoggend nog sonder telefoonverbindings.
Lees ook: Stilte voor die storm in Mosambiek
Ouers was veral desperaat om met HTS Middelburg kontak te maak, maar die skool se telefoonlyne was ook buite werking.
Lees ook: Pa sukkel vir ure om by kleuter te kom
Telkom het onverpoos gewerk om die verbindings te herstel.
Daar is 30 mm op die dorp gemeet wat ’n welkome verligting was, nadat dit lanklaas gereën het.