Man probeer slang op straat te verkoop
'n Man het onwettig probeer om op straat 'n Boa Constrictor slang te verkoop.

Die Middelburg Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid het reageer op inligting dat ‘n man by ‘n winkelsentrum by Reyno Ridge (eMalahleni) ‘n slang probeer verkoop.
Met hul aankoms het hulle die man gekry wat met die slang om sy arm in die straat gestaan het.
Lees ook: Vis sluk slang in
Daar is beslag gelê op die slang.
Later dieselfde dag is daar ook beslag gelê op ‘n luisslang wat onwettig aangehou is.
• Boa Constrictors is indringerspesies en mense moet ‘n permit hê om die slang aan te hou.
Lees ook: Slang in kantoor!
Die slang behoort aan die Anaconda-familie en gee lewendig geboorte, waar gewone luisslange eiers lê.
Persone wat Boa Constrictors onwettig aanhou, kan boetes van meer as R1 miljoen opgelê word.