Nokka, die Chuck Norris van Pienaardam
Nokka, die witleeu van Pienaardam, verwek kinders terwyl hy gekastreer is.

•Chuck Norris lees nie boeke nie. Hy gluur hulle aan totdat hulle hom die inligting gee wat hy soek.
•As die Tokkelossie gaan slaap loer hy eers onder sy bed om te sien of Chuck Norris nie dalk daar wegkruip nie.
•Chuck Norris steek miere met ’n vergrootglas aan die brand…. in die nag!
•Chuck Norris het onlangs begin om sy piepie as ’n energiedrank te bemark, hulle noem dit “Red Bull”
•As Chuck Norris teen ’n muur tennis oefen, wen hy!
•Chuck Norris is nie gebore nie, hy het sy pad buitentoe uitgeveg.
As julle gedink het Chuck Norris is goed, dink weer!
Nokka, die witleeu van Pienaardam, verwek kinders terwyl hy gekastreer is.
Lees ook: En wie het my kinders opgevreet?
Dié statige leeumannetjie het die afgelope maand agt kinders verwek nadat ’n veearts hom gekastreer het.
So, pasop Chuck!
Nokka is van “leeubalisme” beskuldig nadat die eerste vier leeutjies verdwyn het. Daar word vermoed hulle het in Nokka se maag beland.
Personeel van die oord was die naweek verstom toe hulle op nog vier leeutjies afkom. ’n Werpsel van ’n ander wyfie.
Die leeutjies is uit die hok gehaal en word nou met ’n bottel en spesiale voeding versorg.
Daar is tydens ’n operasie gevind dat een van Nokka se saadbuisies weer vasgegroei het.
Lees ook: Hommelyuig byna leeukos
Intussen het ’n veearts seker gemaak Nokka haal nie weer ’n Chuck Norris uit nie.
Me. Venessa van Niekerk (Pienaardam) sê hulle gaan by die Mpumalanga Toerisme en Parke-Agentskap aansoek doen om die welpies te hou.
www.mobserver.co.za lesers kry nou die kans om lekker etes te wen.
• SMS die kodewoord LEEU, gevolg deur die naam vir ‘n welpie na 33659 (sms’e kos R1.50 per sms. Gratis sms’e geld nie). Sê ook wat die naam beteken. Die sluitingsdatum is 30 Maart om 12:00.
• Die persone wat die wenname vir die welpies gee, is verseker van ‘n gratis Sondagmiddag buffet-ete by Pienaardam.