“Verbintenis” as bousteen vir emosionele stabiliteit
’n Slegte of swak ‘verbintenis’ as gevolg van egskeidings en substansie verslawing kan mis-diagnose van ADHD inhou.

Dr. Hanlie Meyer (Beradingsielkundige van Pretoria) praat more (21 Maart) om 18:30 oor “verbintenis”. Die geleentheid word aangebied in die Banketsaal.
Die volgende vrae sal onder andere beantwoord woord:
•Waarom is ‘verbintenis’ aan ander so belangrik?
•Waarom kan ’n slegte of swak ‘verbintenis’ dalk die gevolg wees van egskeidings, substandie verslawing en selfs mis-diagnose van ADHD inhou?
•Waarom is dit nodig om te leer van jou ‘verbintenis’ met jou ouers, met jou eggenoot en ook met jou kinders?
•Kan kennis van jou ‘verbintenis’-styl dalk jou lewenskwaliteit verhoog en ook aan jou die geleentheid bied om jou kinders te begelei na stabiele volwasse verhoudings?
Lees ook: Ouklip VLU takvergadering
Mense se ‘verbintenis’ aan ander is die boustene van emosionele stabiliteit. Goeie ‘verbintenis’ as baba bevorder ’n kind se emosionele sekuriteit, selfbewussyn en kognitiewe ontwikkeling.
Belangrike beheerstelsels, soos emosies, word so ontwikkel.
Babas wat die voorreg van ’n goeie ‘verbintenis’ ontneem word, word gekenmerk deur depressie en/of angs.
Verder word werklike gebeure gefiltreer en beleef deur hierdie negatiewe emosies van die verlede.
• Kaartjies is slegs R50 per persoon. Verversings sal te koop wees.
Vir navrae, bel Sonna van Zyl by 081 495 4147.
Lees ook: “My kind is dood”
