News

Krokkewaan het dorp op hol

’n Waterlikkewaan wat as ’n krokodil aangesien is, het inwoners Sondag op hol gehad in Aerorand en Uitbreiding 18.

Die spekvet mannetjie het seker met al die nattigheid die afgelope tyd sy pad gevind tot by die Pretoriushuis in Bamboesbergstraat, Aerorand.

Daar het mnr. Pretorius gesien hoe die knaap agter die fontein, waar hy seker lustig in die water gespeel het, uitspring en koers kies na die hek toe hy hom opmerk.

Lees ook: Koue krokodil in rivier

Die oomblik toe die hek oopgaan, het die likkewaan met ’n spoed gehardloop in die rigting van Uitbreiding 18, waar hy later met die hulp van die

Dierebeskermingsvereniging en Fanie Strydom (Herpetologiese Vereniging) gevang en losgelaat is.

Lees ook: Krokodil trek bees die water in

Daar moet gemeld word dat hy só spekvet en groot was, dat van die mense in die omgewing gedink het dit is ’n krokodil. Dan doop ons hom maar Middelburg se eie krokkewaan!

•’n Volledige berig verskyn in die Dinsdag uitgawe van die Middelburg Observer.

 

Ander nuus:

Middelburgdam maak sluise oop

Weather for the week

Dam begin styg van baie reën

Classic Clashes tussen HTS Middelburg en MHS is afgestel

Stay safe during approaching holidays

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button