Jong Middelburger maak sangsensasie se hart sag
Die lewe is swaar as jy probeer om jou sangheld te beïndruk en jou sussie meng in. Dit het egter nie vir klein Camilla Toua van koers af gedwing nie.
Camilla het aangedring dat haar ouers ’n video neem waar sy haar gunsteling liedjie, Skepe van Joe Black, uit volle bors sing. En al moes sy halfpad deur die video haar jonger sussie Amoré stil maak, het sy vasberade voort gesing.
Lees ook: Sonja, de foto en die teddies
Nadat die video geneem is het klein Camilla aangedring dat haar pa, Michael, die video aan haar held stuur. Mnr. Toua het nie geweet hoe om aan sy dogter se versoek te voldoen anders as om die video via Facebook aan Joe Black te stuur nie.
En so waar as vet, nie lank daarna nie, was daar ’n videoboodskap wat die sangsensasie homself geneem, terug.
In die video bedank Joe sy jong aanhanger vir haar ondersteuning en sê dat hy hoop haar pa bring haar na een van sy konserte sodat hy haar in persoon kan ontmoet en ’n foto saam met haar kan neem
