Sluise derde keer oop!
Die sluis by die Middelburgdam is Maandag vir die derde keer in twee weke oopgemaak!
Waarnemende damopsigter Vincent Avenant sê daar was op ’n stadium ’n 900 mm inloop en is die sluis Maandag om 14:00 oopgemaak met die damstand op 97%.
Die sluis is vanoggend (Dinsdag) om 08:00 toegemaak met die damvlak op 93.5% met steeds ’n sterk inloop.
Lees ook: Middelburgdam maak sluise oop
Alhoewel dit net 20 mm gereën het by die dam self en 11 mm op Hendrina (ons opvangsgebied), het mense laat weet dat hulle sowat 10 km buite Hendrina en op
Pullenshope tot 45 mm gemeet het.
Lees ook: Dam begin styg van baie reën
Op Doornkop is 15 mm gemeet en in Middelburg het dit tussen 10 en 25 mm oor die naweek gereën.
•Verlede naweek is die sluis twee keer oopgemaak met die baie reën wat geval en die dam tot barstens toe vol gemaak het.
