News

Inwoners op hol oor ‘onwettige besetting van huise’

Middelburgers was op hol na ’n boodskap op die Middelburg 911 Zello kanaal dat “daar onwettig huise beset word in Middelburg.”

Lede van Community & Farm Protek het dadelik na die adres in Kanokop gejaag waar die “onwettige besetting” klaarblyklik was.

Also read: Protests over land erupt in Mhluzi

Die eienaar van die huis het hulle egter meegedeel dat hy net besig is om die Wendyhuis van sy huurders af te breek, omdat die huurder nie betaal het nie. Hy het ook die huurder se krag afgesit.

Daar is pas verneem dat die dak van die Wendyhuis reeds afgebreek is.

Lees: Plakkerskamp reeds teenaan skool

Die polisie was ook op die toneel, maar het die teenwoordiges aangesê om later sake te maak, sou hulle nog wou.

Lees die volledige berig oor wat gebeur het in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer, wat Donderdag al te koop sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button