Het die aarde hulle ingesluk?
Op Saterdagoggend, 1 April 2017, om 10:00, het Hannes Labuschagne vir sy werkgewer gevra om gou bank toe te gaan. Hy het nooit by die bank opgedaag nie.
’n Jaar later is daar steeds geen teken van Hannes nie. Hy is weg, het verdwyn asof die aarde hom ingesluk het.
Dié bekende oudleerling van Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal het vir sy werkgewer, mnr. Kobus Venter, van Mantella Trading 310 op eMalahleni het gevra het of hy kan ingaan dorp toe, aangesien hy graag bank toe wil gaan.
Johannes “Hannes” Jacobus Labuschagne (30), woon al die afgelope ses jaar in eMalahleni.
Lees ook: Korean still missing
Hy is op skool Bass genoem.“Hy is omstreeks 10:00 by die werk weg. Dit is egter die laaste wat hy gesien is,” sê mnr. Venter.
Mnr. Labuschagne het ’n grys knopieshemp, blou werksbroek, bruin keps en bruin leerskoene aangehad.
Hy is lank en skraal, ongeveer 1,9 m in lengte met ligtebruin hare en bruin oë.
Lees ook: Missing teenager found
Mnr. Labuschagne se ma, René Erasmus, sê dat hul na ’n jaar nog geen inligting, of leidrade het nie.
Persone met inligting kan die eMalahleni polisie by 013 655 5016, of een van dié alternatiewe nommers David by 072 777 3012, Wendy by 064 646 1577, Mike by
079 974 4024 of Pat by 082 654 1877 skakel.
•Die voorval herinner aan die verdwyning van Gidie (Gidoen) Nel op 8 September 1975 op Witbank.
Hy het die oggend saam met fabriekswerkers op ’n bus geklim na Ferrometals naby Witbank, vandag eMalahleni.
Die middag was hy nie op die bus nie en sy vrou Nelsie het tevergeefs by hulle huis in Dordrechtstraat gewag.
Daar is regoor Suid-Afrika na Gidie gesoek en ’n R100 beloning is aangebied vir inligting oor sy verdwyning.
Nou, 42 jaar later, is Gidie steeds weg, net soos Hannes, asof die aarde hom ingesluk het.
Ander nuus:
VIDEO: Steelcrest afrigter in kookwater
Wie doen dit aan ’n hond
VIDEO – Ou Belfastpad ’n doodsroete
VIDEO – Weerlig laat huis afbramd
GRAPHIC CONTENT: Dead man in river – passerby stroll pass
“They didn’t want to steal, they just wanted to kill us”
Nuus op ’n drafstap:
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”
