News

Jakkals het hondsdolheid gehad

'n Jakkals wat na Loskop Dierekliniek (Groblersdal) geneem is, is deur Onderstepoort positief getoets vir hondsdolheid.

Na hierdie voorval het Loskop Dierekliniek besluit om die gemeenskap in te lig oor die gevare van hondsdolheid en hoe belangrik dit is dat mense hul troeteldiere moet inent.

Enige soogdier kan ingeënt word, insluitend perde, lewende hawe en wild.

Lees ook: Honde vergiftig in Kanonkop

Die eerste inenting kan vir diere gegee word op die ouderdom van drie maande en sal ‘n opvolg inenting ‘n maand later ook gegee moet word.

Indien ‘n volwasse dier nog nooit ingeënt is nie, moedig Loskop Dierekliniek die eienaar aan om so gou moontlik die dier in te ent, en sal ‘n opvolg inenting ‘n maand later gedoen moet word.

Hondsdolheid word veroorsaak deur ‘n virus wat deur middel van besmette speeksel deur of bytwonde of speeksel wat op oop wonde beland, soos wanneer ‘n dier jou lek.

Loskop Diereklinkiek sê:

Vir ‘n dier of mens om hondsdolheid te kry, moet die hondsdolheid virus toegang tot die liggaam verkry. Die hondsdolheid virus kan nie normale, intakte vel binnedring nie, daarom is dit afhanklik van toetrede deur ‘n besering aan die vel, gewoonlik deur ‘n bytwond van ‘n dier wat hondsdolheid het

Oordrag kan ook voorkom as besmette speeksel in kontak kom met oop wonde en besmette speeksel in jou mond of oë (slymbliese) beland.

Lees ook: GRAFIESE VIDEO – Te klein halsband ruk hond se nek oop.

Enigste vorm van voorkoming is inenting.

Dit is belangrik om te onthou dat alhoewel jy jou troeteldier binne die grense van jou tuin kan hou, ‘n dier wat hondsdolheid het daardie grense kan binnedring en jou troeteldiere byt.

Loskop Dierekliniek sê dat dit belanrik is om te onthou dat ’n besmette dier ‘n uiterste gevaar vir jou, jou gesin en jou troeteldiere inhou.

Indien jy vermoed dat jou dier of enige ander dier dalk hondsdolheid het, moet ‘n veearts onmiddelik gekontak word.

Tipiese tekens van hondsdolheid, is wanneer ‘n mak troeteldier skielik aggressief word met skuim/speeksel om die bek, of as ‘n wilde dier skielik ‘mak’ lyk en nader kom. Die gevaar is dan dat die dier jou kan byt.

Vir enige verder vrae oor hondsdolheid kan Loskop Dierekliniek gekontak word by 013 261 1167 (Marble Hall) of 013 262 5631 (Groblersdal).

 

Ander nuus:

VIDEO: Steelcrest afrigter in kookwater

Wie doen dit aan ’n hond

VIDEO – Ou Belfastpad ’n doodsroete

VIDEO – Weerlig laat huis afbramd

GRAPHIC CONTENT: Dead man in river – passerby stroll pass 

“They didn’t want to steal, they just wanted to kill us”

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button