News

‘Wahoo’, dis ’n groot vis!

“Wahoo” wat ’n mooi vis!

Lecia Steele het die prys gewen vir die grootste roofvis, ’n Wahoo van 9.8kg, by die Queens of the Ocean hengelkompetisie die naweek in St Lucia.
Gure weer skrik ons Middelburg vrouehengelaars nie af nie en hulle het Saterdag hul slag gewys by dié hengelelkompetisie op St Lucia.

Die groep het bestaan uit Johan Swart (gilly), Chris Myburg (skipper), Claire Burger, Lecia Steele, Maryn Viljoen, Carmen Breedt en Fransien Myburg, wat op die Aqua Joy-boot deelgeneem het.

Fransien Myburg het vir 45 minute met ’n marlyn gespook, maar hy het ongelukkig losgekom.

Lecia vertel hoe Fransien vir 45 minute gespook het met ’n marlyn, maar toe hulle hom wou nader trek, het hy losgekom.

Hulle het darem nie heeltemal met leë hande teruggekeer nie en Lecia het die span se naam hoog gehou met haar wenprys.

•Vrydagaand het die Middelburgers die oog gevang met hul “Rock & Roll” kleredrag wat hulle tydens die spanbou en saamkuier geleentheid gedra het.

Die vroue het vanaf die Aqua Joy vis gevang in St Lucia se waters.

•Vir hul besoek aan St Lucia het die groep vroue hul pienk stewels saamgeneem ten bate van borskankerbewusmaking.

Hulle het dit gekoop by Nicolien Vorster, ’n Mev. Mpumalanga finalis, wat die stewels verkoop vir die borskankerbewusmaking.

Lecia het genoem dat die bewusmaking van borskanker haar baie na aan die hart lê, omdat haar ma borskanker gehad het en sy self ook die borskanker gene het.

As deel van borskankerbewusmaking het die Middelburgse vroue hul pienk stewels gedra. Maryn Viljoen, Lecia Steele, Claire Burger en Fransien Myburg.
Die vroue saam met hul skipper en gilly tydens die saamkuier geleentheid Vrydagaand waar hulle “Rock & Roll” as tema gekies het. Johan Swart, Fransien Myburg, Lecia Steele, Claire Burger, Chris Myburg, Carmen Breedt en Maryn Viljoen.
Die trotse Middelburgspan tydens die prysuitdeling van die Queens of the Ocean. Chris Myburg, Fransien Myburg, Maryn Viljoen, Lecia Steele, Carmen Breedt, Claire Burger en Johan Swart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button