News
Rooies is bobaas by die Middelburg Buiteklub
Middies na jare onttroon as die dorp se beste gholfspan.
HTS Middelburg het na sewe jaar die bordjies verhang en vandag met die louere weggestap in die derby gholf kompetisie.
Die Rooies se gholfspanne het byna skoonskip gemaak en was net nie in die C3 afdeling die wenners nie.
Dit was egter naelskraap met HTS Gholf wat met net 6/7 wen.
A-span HTS 78 Middies 75.
B1 HTS 248 MHS 245.
B2 HTS 210 MHS 191.
B3 HTS 206 MHS 202.
C1 HTS 95 MHS 85.
C2 HTS 107 MHS 72.
C3 HTS 61 MHS 89.
Woensdag is die B hokkiespanne in aksie en Vrydag die seunshokkie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
