News

Skeidsregter wat “omgekoop” is laat die president ingryp

Andre Watson gevra om die man in die middel te wees.

Daar was oor die jare groot omstredenheid om die keuse van die skeidsregter wat die wedstryd tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg moes hanteer.

Voor die afskop was dit die grootste besprekingspunt: “Wie blaas Saterdag?”

En maak nie saak wie die fluitjie hanteer het nie, hy is altyd van partydigheid beskuldig.

So erg was dit dat die wêreld se nommer een skeidsregter, Andre Watson, een jaar gevra is om die skeidsregter te wees.

Watson is ’n man wat weet hoe om ’n wedstryd te beheer en die telling was op die einde gelykop.

Hier in die tagtigerjare het die streng Salie Pienaar geblaas.

Later het Deon Smith geleentheid gekry.

@middelburgobserver

Skeidsregter Salie Pienaar in aksie tydens die 1984 wedstyd tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Smith was ’n uitstekende skeidsregter.

Die man in die middel het altyd al sy dae gehad, veral met Dolf Rossouw wat ’n nagmerrie op die kantlyn was.

Maar Dolf sal ook onthou word vir die drama wat hy een jaar veroorsaak het.

Hy was voor die Saterdag se wedstryd by ’n veiling waar hy vir boere, natuurlik HTS Middelburg ouers, vertel het hy het die skeidsregter met “’n tollie”, ’n jong bees, omgekoop.

Daardie aand het die telefoonlyne gegons.

Die Suidoos-Transvaal rugby president, Hennie Erasmus, is geskakel en daar is aangedring dat die skeidsregter wat “omgekoop is” vervang moet word.

Dolf het in sy mou gelag.

Om die vrede te bewaar is die skeidregter op die einde wel vervang.

Deesdae is dit nie meer so groot storie nie.

Daar sal egter gehoop word dit is Saterdag ’n skeidsregter wat sy sout werd is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button